
=====================================================================
In Amerika klop harte warm vir Afrikaans (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


In Amerika klop harte warm vir Afrikaans

Jacques du Plessis vertel hoe hy in Utah beland het en nou daar Afrikaans se struktuur en tongval aan 'n toenemende aantal Amerikaners 
leer.

Na my diensplig in die vloot het ek 'n jaar aan UNISA en 'n jaar by Tukkies gestudeer. Toe hoor ek van 'n geleentheid om oorsee te studeer. 
Dit was vroeg in 1984. Die wanderlust-gogga het my beetgekry en ek het heelwat drama beleef om di droom te verwesenlik, maar die uiteinde 
van die saak was dat ek my studie by die Universiteit Brigham Young in Provo, Utah, voortgesit het.

In my eerste jaar het 'n klomp studente my genader om 'n Afrikaanse klas aan te bied. Die voorbok onder hulle was 'n meisie wat 'n 
uitruilstudent in die Paarl was. Ek het die Departement Germaanse Tale genader, 'n voorlegging gedoen, en toestemming verkry. Sedertdien 
word Afrikaans aangebied en dit bly gewild, teen almal se verwagtinge in. Die toekoms lyk steeds rooskleurig.

Watter soort klasse word aangebied? Daar is twee semesters per jaar en elkeen is onafhanklik. Afrikaans I soos ons dit miskien in Suid-
Afrika sou h, is hier Afrikaans 101 en 102. Di twee kursusse l die fondament vir uitspraak, woordeskat, grammatika, kultuur, praat, lees 
en skryf. Die tweede jaar is dan Afrikaans 201 en 202. Die kursus 201 is 'n soort samevatting van al die vaardighede, heelwat hersiening en 
'n indringender behandeling van taalaspekte. Die kursus 202 is die eerste kursus wat op Afrikaanse letterkunde toegespits is. Ek het 
besluit om eerder Afrikaanse kortverhale as 'n roman aan te bied. Van tyd tot tyd word 'n gespreksklas in die tweede en een in die derde 
jaar aangebied.

Tans kan jy hier as deel van die graad B.A. 'n byvak doen in Afrikastudie. Afrikaans is een van die keusetale. In Amerika het elke 
universiteit 'n "General Education" vereiste. Dit beteken 'n klomp vakke in wyd uiteenlopende rigtings, soos kuns, wiskunde en 
liggaamsopvoeding, moet geneem word. In hierdie program het studente die keuse om f wiskunde f 'n vreemde taal te bestudeer. Di opsie 
lei 'n paar studente na ons kant toe.

Ja, ek hoor dit al klaar: Wat wil enigiemand in Amerika met Afrikaans maak? Dis 'n vraag wat ek ongelukkig gereeld hoor en na my mening is 
dit 'n tragiese kommentaar op ons selfbeeld as Afrikaanssprekendes en toon dit hoe goed ons al die kop gewas is om te glo dat ons taal net 
in die kombuis hoort. Die studente hier het soms 'n groter visie van die bruikbaarheid van die taal as sommige van ons eie mense.

Een van die direkteure van die Barry Goldwater Instituut in Arizona is 'n voormalige student. Hy was ook in Namibi met die 
onafhanklikwording en deel van die Amerikaanse span wat met die opstel van die Namibiese grondwet gehelp het. 'n Ander gewese klaslid is 'n 
verkose politikus in Seattle. Van die ander klaslede was al in Suid-Afrika as toeriste, as lede van 'n groep wat opheffingswerk onder 
behoeftiges gedoen het, of om volkekunde in Namibi te bestudeer. Dan is daar ook Suid-Afrikaners wat hier studeer, en studente van wie die 
ouers of voorouers uit Suid-Afrika gekom het en wat daarom in die taal belangstel.

Robert Kirsner by UCLA, die Universiteit van Kaliforni se kampus in Los Angeles, en ek is al sedert 1986 bevriend. Vir sy kursusse in 
Afrikaans het hy ongelukkig nie soveel studente as wat hy graag sou wil h nie, maar hy doen die taal en kultuur 'n groot guns met sy wil 
om met sy klasse voort te gaan. Ons sien mekaar so af en toe en ek voorsien hom van lesmateriaal en programmatuur.

Wat van die toekoms? Van die begin het ek my daarop toegespits om my eie lesmateriaal te ontwikkel en s het 'n eerste handleiding 
ontstaan. Dis gevolg deur 'n tweede. Daarna het ek programmatuur vir die aanleer van woordeskat, taalkunde en uitspraak ontwikkel. En nou 
praat almal oor die internet. Tans doen ek my doktorale studie aan die staatsuniversiteit van Utah in onderrigtegnologie.

Met nuut-verworwe vaardighede is ek besig om 'n webwerf op te stel vir die aanleer van Afrikaans. Deur middel van RealAudio sal ek 
klankgrepe kan aanbied, sodat dit nie net om lees gaan nie. Studente sal programmatuur kan aflaai na hul eie rekenaars toe om hul 
vaardighede mee te slyp. Die konsep is dus om mense wreldwyd te help om Afrikaans te leer en nie net by een instelling nie. Enige 
instelling waar Afrikaans gedoseer word, sal daarby baat vind.

Graag wil ek die volgende gedagte aanroer: Ek is nie die enigste persoon wat Afrikaans oorsee doseer nie. Dit word gedoen in Engeland, 
Duitsland, Pole, Rusland, Swede en seker in nog 'n paar ander lande ook. Ek dink dit sou voordele inhou om alle dosente van Afrikaans in 
die buiteland so twee maal per dekade in Suid-Afrika vir 'n konferensie saam te trek met die doel: om van mekaar te leer; lesmateriaal in 
Suid-Afrika in te samel; toepaslike navorsing te doen; uitruilprogramme op die been te bring en om te skakel met ondersteuners en borge.

In die beginstadium het ek al twee hande bak gehou en gehoop "Suid-Afrika" sou my te hulp snel, maar gou het ek besef dat daar nie veel 
geloof was dat my voornemens sou slaag nie. Ek moes dus grotendeels die mas self opkom. Die program is nou al vyftien jaar oud en is die 
grootse oorsese onderrigprogram in Afrikaans. Ek glo ons het hier 'n kans om die taal beter te vestig deur meer formele ondersteuning te 
bewerkstellig. Ek weet dis moeilik om te glo, maar daar s mense wat na Suid-Afrika wil kom om met ons Afrikaans te praat  dis ns wat 
hulle gewoonlik afraai om dit te doen en Engels as 'n alternatief voorstel.

Ek is glad nie anti-Engels nie. Ek is pro-kultuur. Ek respekteer elke persoon se eie kultuurskat en meen dat die brer gemeenskap daarna 
moet streef om elke kultuurgroep sy waardige plek te gun om sy taal in godsdiens, onderwys en sosiale en ekonomiese verkeer ten volle te 
kan uitleef.

Hier sit ek, 'n Afrikaanssprekende in Amerika, en so is daar ander versprei oor die aardbol. Kom ons gebruik die internet om met mekaar 
kontak op te bou en die rykdom en lekker van ons taal en kultuur met ander belangstellendes te deel. My kontakadres is: 
afrikaans@europe.com. Jacques du Plessis is dosent in Afrikaans aan BYU in Provo, Utah.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7430.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

